Wednesday 22 January 2014

Warm aartappelslaai




Lourens de Lange
Warm aartappelslaai

1 kg aartappels, geskil
250 g spekvleis, in stukkies gesny
125 ml (½ k) olie...
2 uie, in blokkies gesny
125 ml (½ k) blatjang
125 ml (½ k) druiwe-asyn
250 ml (1 k) melk
15 ml (1 e) mielieblom

Kook die aartappels tot gaar. Sny in blokkies en hou warm.
Braai die spek in 25 ml (5 t) die olie tot gaar. Skep dit uit. Hou eenkant.
Braai die uie in dieselfde pan tot bruin. Voeg die res van die kookolie by en meng die spek deur.
Voeg die blatjang en asyn by en kook sowat 2 minute oor matige hitte sonder ’n deksel.
Meng die melk en mielieblom en giet dit stadig by die uiemengsel terwyl jy dit vinnig inroer. Roerkook nog 2 minute.
Voeg die aartappelblokkies by en meng liggies. Hou dit in die louoond warm tot benodig of maak 1 minuut in die mikrogolfoond warm voor jy dit opdien.