Tuesday 10 December 2013

VANIELJEKOEK MET KERSIES EN MASCARPONEROOM




VANIELJEKOEK MET KERSIES EN MASCARPONEROOM

JY BENODIG
VIR DIE KOEK:
3 eiers, geklits
¾ koppie suiker
½ koppie druiwepitolie
1 teelepel vanielje-ekstrak
1 ¼ koppie gemaalde amandels
22 eetlepels bruismeel
VIR DIE KERSIES:
2 koppies vars kersies, ontpit en halveer
250g suiker
2 eetlepels rosé sjampanje
VIR DIE ROOM:
4 eiergele
2 eetlepels bruinsuiker
300g mascarpone
150ml koue vars room
1 eetlepel fyngekapte pistasieneute (‘pistachios’)
METODE
Klits eiers, suiker, olie en vanielje saam. Meng amandels en meel by. Voer broodpannetjie met waspapier. Skep beslag in. Bak in oond teen 180˚C vir 45 minute of tot goudbruin (bedek losweg met foelie as koek te gou verbruin). Laat heeltemal afkoel en lig uit pannetjie. Verhit kersies en suiker in kastrolletjie. Laat kook oor medium hitte vir 15 minute. Klits eiergele en bruinsuiker tot skuimerig.
OM TE BEDIEN:
Plaas snytjies koek op groot individuele borde. Skep kersies op een helfte van koek. Skep eetlepel room langsaan en sprinkel met neute.
Nota: Net voor opdiening kan marcarponeroom met bruinsuiker gestrooi en met kombuisvlam gekaramaliseer word.