Tuesday 10 December 2013

GEBAKTE ROOISLAAI




GEBAKTE ROOISLAAI

JY BENODIG
750g vars beet
2 eetlepels druiwepitolie
750g medium aartappels
120g sagte bokmelkkaas
1 ½ koppie rooiwyn
1 takkie roosmaryn
2 eetlepels heuning
seesout
grofgemaalde swartpeper
olyfolie
2 eetlepels grasuie
dille
METODE
Neem die beet, gooi ‘n bietjie olyfolie oor en draai toe in foelie. Bak in oond vir ‘n uur. Skil af, sny in kwarte en plaas in oondvaste bak. Sny aartappels in skywe en kook in rooiwyn tot sag saam met 2 takkies roosmaryn. Plaas in bak saam met die beet. Sny bokmelkkaas in skywe en plaas bo-op die die beet en aartappels. Bedruip met heuning en bak vir 2 tot 3 minute teen 180 celcius (degrees sign). Haal uit die oond en geur met sout en peper. Strooi die gekapte grasuie oor, besprinkel met olyfolie, garneer met dil en bedien.