Tuesday 3 December 2013

Soetkoekies



Naomi le Roux

Soetkoekies Landbouweekblad Junie 2001

Resep 1:

450 g botter of margarien
450 g suiker
4 eiers
5 ml vanieljegeursel

900 g koekmeel
2.5 t kremetart of gemengde speserye
2 t koeksoda
sout

Stel die oond op ’n redelike warm temperatuur 180°C - 190°C.
Room die botter en suiker. Voeg die eiers een-een by terwyl
aanhoudend geklits word.
Voeg ’n vanieljegeursel by. Sif die droë bestanddele en voeg
die bottermengsel by die droë mengsel. Meng tot ’n hanteerbare deeg.
Rol uit, druk koekies af en bak in voorverhitte oond tot mooi bruin.

Resep 2:
1.4 kg (12 k) koekmeel
1 pkie (15 g) koeksoda
1 pkie (15 g) kremetart
knippie sout
10 ml gemengde speserye
750 ml sagte margarien
250 ml sagte vet ( nie loperig)
750 ml suiker
15 ml gouestroop
6 eiers, geklits
1 blik kondensmelk

Sif die meel, koeksoda, kremetart, sout en speserye saam. Klop die margarien
vet, suiker, gouestroop, eiers en kondensmelk met elektriese klitser tot glad.
Voeg die droë bestanddele by en meng tot gladde deeg.
Draai in kleefplastiek toe en verkoel vir 45 min in yskas. Rol deeg dun uit
en druk koekies af. Plaas koekies op gesmeerde bakplaat en bak 7 - 10 min
in ’n oond van 180°C.
*****************