Tuesday 3 December 2013

Suikerkoekies






Dianne Ten Haaf
 
R Venter - Suikerkoekies 

Maak 36 heerlike koekies. My ma se gunsteling!

Bestanddele:

1½ k (375ml) koekmeelblom
2t (10ml) bakpoeier
½k (125ml) margarien
1k (250ml) suiker
1t (5ml) vaniejlegeursel

2 groot eiers
¼k versiersuiker om oor te strooi
'n knippie sout

Metode:

Meng meel, bakpoeier, speserye en sout saam
Klits die margarien, suiker en vanielje met 'n elektriese klitser saam tot romerig
Voeg die eiers by en roer liggies
Meng die res van die bestanddele saam. Laat staan in die yskas vir 30min
Rol die deeg uit en sny die koekies in blokkies (oulike vorms werk ook)
Plaas die koekies in die oond en bak vir 10-12 min by 180°C
Strooi versiersuiker oor om dit mooi te maak