Klapperkoekies
deur Barbara
Joubertsowat 60 koekies
§ 250 g sagte botter
§ 200 g (250 ml) suiker
§ 2 eiers
§ 80 g (250 ml) droë klapper
§ 480 g (860 ml) bruismeel
§ 1 ml sout
Verhit oond tot 190 °C. Room botter en suiker
saam tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en meng goed ná elke
byvoeging. Voeg klapper by en meng goed. Sif meel en sout saam. Voeg by
bottermengsel en meng goed. Verdeel deeg in twee en vorm twee lang worse van so
5 cm in deursnee. Maak elke rol toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir
minstens 1 uur lank. Voer bakplate uit met bakpapier. Sny deegrol in snye van
so 5 mm dik en pak op bakplaat. Plaas in warm oond en bak vir sowat 15 minute
tot gaar. Laat afkoel op afkoelrak.
Versiersel
§ 200 g witsjokolade
§ 100 g klapper-skaafsels OF 80 g (250 ml) droë
klapper
Plaas sjokolade in bak wat oor kastrol met
kookwater pas. Smelt sjokolade. Doop helfte van koekie in sjokolade en doop dan
in droë klapper of klapper-skaafsels. Plaas op bakpapier tot droog. Bêre
koekies in lugdigte houer.