Wednesday 4 December 2013

SERVETBROODJIES



SERVETBROODJIES


JY BENODIG
12 klein brioche (of ander broodjies, ongeveer 9cm lank)
1 koppie swart olywe, ontpit
olyfolie
1 knoffelhuisie
4 zucchini (ongeveer 5cm lank), in dun linte gesny
1 rooiui, in skyfies gesny
skil van ½ suurlemoen, fyngerasper
1 eetlepel kappertjiesaad
5 artisjokke, ingelê in olie
sap van ½ suurlemoen
grofgemaalde swartpeper
2 Italiaanse tamaties, saadjies verwyder
1 eier, kamertemperatuur
seesout
6 wit lapservette
METODE
MAAK OLYFPESTO:
Plaas olywe en 1 knoffelhuisie in voedselverwerker en verwerk tot puree. Voeg net genoeg
olyfolie by om gladde tekstuur te verkry. Skep in mengbakkie en roer suurlemoenskil en
kappertjiesaad by. Bedek en hou in yskas.
MAAK SUURLEMOENMAYONNAISE:
Plaas eier en 2 eetlepels olyfolie in voedselverwerker. Verwerk tot puree en voeg ½ koppie
olyfolie stadig by. Voeg sap van ½ suurlemoen by. Skep in bakkie, geur met knippie sout en
bedek. Hou in yskas.
OM BROODJIES TE MAAK:
Braai dun skyfies zucchini en ui in warm pan. Sny ‘n dun driehoek uit elke brioche om “holte” te vorm. Skep olyfpesto in holtes van 6 brioche, skep gebraaide zucchini-linte bo-op. Skep suurlemoenmayonnaise in holtes van orige 6 brioche. Sny artisjokke in skywe en plaas bo-op. Sny tamaties in klein blokkies en plaas bo-op artisjokke (sorg dat alle brioche se vulsels binne is en nie uitpeul nie). Plaas twee verskillende broodjies in die middel van elke servet. Vou elke servet se 4 hoeke na binne en plaas op klein bordjie. Plaas op tafel voordat gaste aansit.