Wednesday, 4 December 2013
RONDSTAAN KOOLPASTEI
RONDSTAAN KOOLPASTEI
JY BENODIG
1 vel gevriesde skilferkors, ontdooi
1 kleinerige koolkop, grofgekap (gebruik rooikool indien beskikbaar)
½ koppie rosé
2 heel naeltjies
seesout
grofgemaalde swartpeper
tikkie neutmuskaat
100g sagte bokmelkkaas
1 opgehoopte eetlepel bruinsuiker
1 eetlepel olyfolie
METODE
Verhit kool en wyn in kastrol. Kook tot kool gaar, maar steeds ferm, is. Dreineer kool en verwyder naeltjies, geur met sout, peper en neutmuskaat. Verhit oond tot 190˚C. Voer medium oondplaat met deeg. Merk ‘n rand uit met ‘n mes en prik bodem met vurk. Bak in oond vir 10 minute. Haal uit oond en laat effens afkoel. Smeer bodem met kaas, strooi kool bo-oor. Sprinkel met bruinsuiker. Plaas terug in oond en bak vir 20 minute. Haal uit oond en sprinkel met olyfolie. Gebruik pizza-wiel om te sny. Bedien elke sny op ‘n lapservet saam met drankies.