Wednesday, 4 December 2013
HAAI KOLWYNTJIES
HAAI KOLWYNTJIES
JY BENODIG
1 ½ koppie bruismeel
½ koppie klapper
½ koppie suiker
2 eiers, geklits
1 koppie bloubessies
½ koppie sagte botter
skil en sap van ½ suurlemoen
½ koppie vars room
1 teelepel vanielje
METODE
Meng botter en suiker tot romerig. Meng room, eiers en vanielje by. Voeg meel en klapper by en meng goed. Voeg skil en sap by en meng goed. Skep in papierbakkies en bak in oond teen 180˚C tot goudbruin (ongeveer 15 minute).
VERSIERSEL
JY BENODIG
250ml roomkaas
2 eetlepels sagte botter
sap van ½ suurlemoen
½ koppie strooisuiker
1 teelepel blou voedselkleursel
swart papier
blou papierservette
dun blou lint
METODE
Meng bestanddele saam. Versier kolwyntjies. Sny klein haaivinne uit papier. Laat vin regop staan op elke kolwyntjie. Plaas elke kolwyntjie op servet. Vou punte na bo om bakkie te vorm. Bind vas met lint.