Monday 2 December 2013

Mueslistafies




Mueslistafies
maak sowat 30 stafies

320 g (900 ml) hawermout
30 g (45 ml) sesamsaad
45 g (65 ml) sonneblomsaad

80 g (125 ml, so 10) sagte droë appelkose, gekap
75 g (80 ml) rosyntjies
5 ml (1 t) fyn kaneel
100 ml (1⁄3 k + 1 e + 1 t) sonneblomolie
180 ml (¾ k) heuning

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 23 cm x 33 cm-bakpan met bakpapier uit.

1 Meng die hawermout, sesamsaad, sonneblom-saad, appelkose, rosyntjies en kaneel.
2 Smelt die olie en heuning oor matige hitte. Gooi by die hawermoutmengsel en meng goed.
3 Druk die mengsel in die bakpan en bak vir 40 min. tot goudbruin.
4 Laat heeltemal afkoel voor jy die stafies sny.