Monday 2 December 2013

GEMMERKOEKMANNETJIES EN -TANNIETJIES




GEMMERKOEKMANNETJIES EN -TANNIETJIESGenoeg vir sowat 24 koekies

750 ml (3 k) meel
10 ml (2 t) fyn gemmer
1,25 ml (¼ t) fyn naeltjies
1, 25 ml (¼ t ) fyn neutmuskaat
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) bakpoeier
7,5 ml (1½ t) sout
90 ml (6 e) sagte botter
125 ml (½ k) bruinsuiker
1 eier
80 ml (¾ k) melasse

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

1 Sif die meel, gemmer, naeltjies, neutmuskaat, koeksoda, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Klits die botter en bruinsuiker tot lig en romerig. Voeg dan die eier en melasse by en klits verder.
2 Voeg die droë bestanddele lepelsgewys by en meng goed ná elke byvoeging. Verdeel die deeg in twee gelyke dele en rol
plat. Bedek met kleefplastiek en vries vir 2 uur tot hard.
3 Werk met een hoeveelheid deeg op ’n slag. Rol die deeg 5 mm dik op ’n stuk meelbestrooide waspapier uit om hantering te vergemaklik. Plaas op ’n skoon bakplaat en vries vir sowat 20 min. tot hard.
4 Haal die deeg uit die vrieskas. Lig die koekiedeeg en waspapier van die bakplaat af en rol met ’n meelbestrooide koekroller uit. Lig die deeg met ’n slaplemmes of lang spaan van die waspapier af en sit op ’n skoon meelbestrooide werkvlak.
5 Druk die koekiedrukker in ’n bietjie meel en druk koekies uit. Druk met die agterkant van ’n sosatiestokkie gaatjies in die bors van elke mannetjie.
6 Lig die uitgedrukte koekies met ’n slaplemmes of lang spaan en pak op die bakplaat. Bak vir 8 min. in die voorverhitte oond. Draai die bakplaat halfpad deur die baktyd om. Haal uit die oond en laat op ’n afkoelrak afkoel. Ryg linte deur die gaatjies en bêre in ’n lugdigte houer tot benodig.