Tuesday, 10 December 2013

Makataan Konfyt




Lourens de Lange
1 groot Makataan

KALKOPLOSSING:...

12.5ml kalk
3.6 liter water
water om te week
water om in te kook

STROOP:

500g suiker en 1 liter water vir elke 500g vrugte
sap van 1 suurlemoen
knypie sout
5 stukke (Robertsons ) gemmerstukke

Verwyder groen skil en sagte binneste van k/waatlemoen. Sny wit skil in stukke. Prik elke stuk baie goed met vurk en weeg die stukke. Plaas oornag in kalkoplossing. Spoel die volgende dag baie goed af en laat in skoon water week vir ten minste 2 uur. Plaas skoon water in groot kastrol en verhit tot kookpunt. Voeg stukke een vir een by terwyl water voortdurend kook. Indien water ophou kook, sal stukke pap word. Kook tot stukke helder is, en 'n tande stokkie maklik daardeur gesteek kan word.

Berei stroop van 500g suiker en 1 liter water vir elke 500g vrugte en verhit tot kookpunt. Suig deur en plaas terug in kastrol. Verhit weer tot kookpunt en voeg res van bestanddele by. Voeg stukke een vir een by kokende stroop en kook tot stukke helder en deurskynend is. Pak in skoon gesteriliseerde bottels en verseël.