Tuesday 10 December 2013

Sjokolade-neutbederf




Sjokolade-neutbederf
(10 - 12 stafies)
• 100 g pistasieneute, gekap...
• 200 g sjokolade-moutballe (Whispers), grofgekap
• 100 g amandels, gekap
• 100 g pekanneute, gekap
• 200 g donkersjokolade, gesmelt

Sit al die droë bestanddele in 'n middelslag-mengbak. Voeg gesmelte sjokolade by en meng goed. Voer 'n bakplaat van 25 cm x 15 cmmet bakpapier uit. Skep mengsel in pan en versprei eweredig. Sit nog 'n stuk bakpapier bo-op, gevolg deur 'n bakplaat. Sit 'n swaar item, soos blikkieskos, bo-op sodat dit die mengsel vasdruk. Laat stol in yskas vir sowat 10 minute.Keer uit op skoon kapplank. Gebruik 'n skerp mes en sny in stafies van 2 cm x 10 cm. Draai in bakpapier toe of sit dadelik voor saam met sterk koffie.