Tuesday 10 December 2013

EIERSLAAI:




Susan Wassenaar
EIERSLAAI:
1 slaaikop, fyn gekerf 8 eiers, hardgekook sout en vars gemaalde swartpeper 250ml natuurlike joghurt 50ml mayonnaise 45ml blatjang 5ml suurlemoensap 1 klein ui, in ringe gesny fyn gekapte pietersielie SO MAAK JY: Rangskik die slaaiblare op ‘n mooi opdienbord. Sny die eiers in kwarte en rangskik bo-op. Geur goed met sout en peper. Meng die res van die bestanddele behalwe die pietersielie en ui en giet oor die eiers en slaaiblare. Rangskik uieringe bo-op en strooi pietersielie oor. Lewer 6 porsies.