Wednesday 11 December 2013

LOWCARB / HOE PROTEIEN DIEET




Leanda Van Der Westhuizen
LOWCARB / HOE PROTEIEN DIEET

Wonder jy wat om op 'n LowCarb Dieet te eet?
Het jy geen idee wat om meer te eet nie?
...
LowCarb eKursus sluit TWAALF WEKE se maaltydplanne en resepte in!

- Maklike en eenvoudige etes en resepte
- Maklik verkrygbare bestanddele
- Drie maaltye per dag - sewe dae 'n week PLUS snacks
- Voedingswaarde van resepte is uitgewerk *carbs *net carbs *kilojoules *protein *vet
- Porsiegrootes is afgemeet, dus weet jy presies wat om te eet en hoeveel jy daarvan kan eet.

Hier is 'n voorbeeld:
Maandag:
Ontbyt - BLACK PAN BREAKFAST
Resep:
3 eiers
4 repe spek
100 g sampioene
1/2 tamatie
30 ml botter
Smelt die botter in 'n groot pan. Sit die tamatie in die pan en laat dit eenkant gaar word terwyl jy die sampioene braai. Maak die spek gaar en bak die eiers. Geur na smaak.
1 porsie * 3108 kJ * Total Fat 56g * Total Carbs 6.4g * Net Carbs 4.8g Protein 53g

Middagete - TUNA SLAAI
180g-blikkie tuna, gedreineer
2 hardgekookte eiers, opgekap
60 ml mayonnaise
15 ml gekapte uie
100 g blaarslaai, opgekap
sout en peper na smaak
Meng alles saam en verkoel voor opdiening
3 porsies van 150g elk * 1020 kJ * Total Fat 15g * Total Carbs 6.4g * Net Carbs 5.9g * Protein 21g

Aandete - VARKTJOPS
6 varktjops
1 ui, in ringe gesny
Mrs Balls Light Chutney* (bevat 1g Net Carbs per 15ml - besluit self hoeveel jy op die varktjops wil sit)
Voorverhit die oond tot 180 grade. Skeur 6 stukke aluminium foelie af en spuit die blink kant deeglik met kleefwerende middel. Geur die tjops aan albei kante en verf 'n lagie Mrs Balls aan die bokant. Plaas een tjop op elke stuk foelie en verdeel die uieringe tussen die tjops. Vou die foelie toe en plaas op 'n bakplaat in die oond. Bak vir ongeveer 45 minute tot die vark heeltemal gaar is.
Lewer 6 porsies * 1104 kJ * Total Fat 11g * Total Carbs 11g * Net Carbs 9g * Protein 8g

ROMERIGE PAMPOEN
500 g pampoen, in blokkies gesny
versoeter na smaak
125 ml room
15 ml botter
5 ml kaneel
Kook die pampoen in klein bietjie water tot sag. Maak dit effens fyner en roer die versoeter, room, botter en kaneel by. Roer goed deur en bring tot kookpunt, maar moenie dat dit kook nie. Bedien warm.
Lewer 4 porsies van 130g elk * 361 kJ * Total Fat 5g * Total Carbs 11g * Net Carbs 7g * Protein 2g

Nog resepte met hul voedingswaarde sluit in:
Varkworsie-en-Eier Tertjies
LowCarb Pannekoekies en Stroop
Opgedoiliede Roereiers
Kamma Ertjiesop
Kool-en-Ui Roerbraai
Herderspastei met Kamma Kapokaartappels
Hoenderkerrie en Kamma Rys
Romerige Sampioensous
Knoffel "Brood"
Broccoli Slaai
Kamma Aartappelslaai
Jellie en Custard
... EN DIT IS NET DIE EERSTE WEEK !!!

Indien jy belangstel in die LowCarb eKursus en al hierdie uitruilresepte en spyskaarte vir 12 WEKE wil ontvang, stuur 'n epos aan Lowcarbcourse@gmail.com