Tuesday 3 December 2013

Koringvrye sjokolade-rissie koekies







Koringvrye sjokolade-rissie koekies

Maak: 36
Bereidingstyd: 10 minute
Baktyd: 10-12 minute
Oondtemperatuur: 180 ºC

125 g (125 ml) sagte margarien
160 g (200 ml) bruinsuiker

1 eier, geklop
175 ml organiese rogmeel
200 ml glutenvrye aartappelmeel
10 ml bakpoeier
50 ml kakaopoeier
7,5 ml rissievlokkies
50 g witsjokolade, gesmelt
50 g melksjokolade, gesmelt

1 Room die margarien en suiker. Voeg die eier by en klop tot lig en donsig.

2 Sif die twee soorte meel, die bakpoeier en kakaopoeier saam. Voeg die gesifte meelmengsel saam met die rissievlokkies by die geroomde bottermengsel en knie om 'n sagte deeg te vorm.

3 Skep teelepels vol van die mengsel op 'n liggies gesmeerde bakplaat en laat genoeg ruimte tussen die koekies sodat dit kan sprei. Druk liggies met 'n vurk bo-op elke koekie en bak in 'n voorverhitte oond vir 10 tot 12 minute.

4 Keer die koekies op 'n draadrak uit en laat afkoel. Drup gesmelte sjokolade oor sodra dit afgekoel het. Bêre in 'n lugdigte houer.