Monday 2 December 2013

BLOMKOEKIES




BLOMKOEKIES

Genoeg vir 12

Ek het ’n bosseleer- (reliëf-druk) matjie by Value Baking (021 981 0304) gekoop. Die patroon op die matjie word op die koekie gedruk wanneer jy die deeg daarop uitrol. Jy kan met ’n toetspen gaatjies in die deeg druk en later mooi lintjies deur die koekies ryg.

250 g sagte botter
75 g (1⁄3 k) strooisuiker
35 g (¼ k) rysmeel
335 g (2¼ k) koekmeel
5 ml (1 t) yskoue water
125 ml (½ k) laventelblommetjies, van die takkies gestroop
125 ml (½ k) roosmarynblommetjies

Voorverhit die oond tot 130 °C. Voer twee bakplate met bakpapier uit.

1 Klop die botter en suiker met ’n elektriese klitser tot sag en glad.
2 Sif die twee soorte meel en roer dit, die blommetjies en die water by die bottermengsel in. Meng tot dit net bymekaar kom.
3 Keer op ’n skoon werkvlak uit en knie nog tot dit heeltemal bymekaar kom en egalig is. As jy regtig sukkel om dit bymekaar te bring, kan jy jou hande ’n bietjie nat maak en die deeg daarmee bymekaar druk.
4 Draai die deeg in kleefplastiek toe en laat rus vir 30 min. in die yskas.
5 Rol die deeg uit op ’n skoon werkvlak, of ’n bosseleermatjie as jy een het.
6 Druk koekies uit met ’n drukker met ’n deursnee van 7 cm en lig versigtig met ’n paletmes op.
7 Sit op die bakplaat en bak vir 30 min. of tot lig goudkleurig.
8 Haal uit en laat afkoel.

(Rooi Rose)