Tuesday, 10 December 2013
BIEFSTUK, PATATKOEKIES EN ROOIWYNSOUS
BIEFSTUK, PATATKOEKIES EN ROOIWYNSOUS
JY BENODIG
1kg patat, geskil en gaargemaak
1 heel knoffel
2 eetlepels parmesaan, fyngerasper
½ koppie broodkrummels
olie
biefstuk (snit en hoeveelheid volgens eie keuse)
seesout
swartpeper
gerasperde suurlemoenskil
gekapte vars kruie soos pietersielie, tiemie en roosmaryn
1 ui, gekap
1 teelepel mosterd met saadjies
1 ½ koppie groente- of beesaftreksel
¼ koppie rooiwyn
1 eetlepel asyn
60g botter
2 teelepels mieliemeel
1 eetlepel water
METODE
Vou knoffel toe in foelie en bak in oond teen 180˚C vir 1 uur. Plaas patat in mengbak en maak fyn. Druk knoffel uit en roer by patat. Roer parmesaan en broodkrummels by. Geur liggies met sout. Vorm koekies en plaas in yskas tot benodig. Verhit olie in pan en braai koekies tot goudbruin aan albei kante. Meng olie, sout, peper, kruie en skil en smeer oor biefstuk. Bedek en laat staan vir ten minste 3 ure, laaste uur teen kamertemperatuur. Braai in pan of oor kole.Laat rus vir 10 minute en sny in skyfies. Verhit botter en ui in pan, laat prut tot sag. Roer mosterd, aftreksel, wyn en asyn by. Verwyder van hitte, meng mieliemeel met water en roer by sous. Plaas terug op hitte en roer totdat sous verdik.