Monday 2 December 2013

Rooi fluweelwhoopie pies




Rooi fluweelwhoopie pies

(sowat 24 koekies)
  • 1 x Ina Paarmansjokoladekoekmengsel
  • 250 ml karringmelk
  • 250 ml kanola-olie
  • 3 groot eiers
  • 1 x 30 ml-botteltjie rooi koskleursel
Roomkaas-Vulsel
  • 12 g sagte botter
  • 240 g versiersuiker, gesif
  • 230 g roomkaas
Verhit oond tot 180 °C.
Plaas koekmengsel, karringmelk, olie, eiers en kleursel in groot mengbak. Roer met draadklitser tot gladde mengsel en vul ’n spuitsak met ’n 1 cm-tuit daarmee.Vul whoopie-panholtes (pan met ronde holtes van 1 cm diep) met die mengsel of spuit 2,5 cm-sirkels op ’n bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 8 – 12 minute of tot gaar. Laat afkoel.
Roomkaas-vulsel
Plaas botter in elektriese menger en klits tot romerig, sowat 5 – 8 minute.Voeg versiersuiker en roomkaas by.Meng goed. Skep ’n bietjie van die versiersel op die helfte van die gaar koekies. Plak elkeen toe met een sonder versiersel. Sif versiersuiker oor en sit voor.