Tuesday 26 November 2013

Varkboud met aartappels




Varkboud met aartappels
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 1½ uur

1 varkboud, sowat 2 kg, ontbeen, maar behou die swoerd (“rind”)
growwe sout
sout en vars gemaalde swartpeper

VULSEL
250 ml (1 k) witbroodkrummels
30 ml (2 e) salieblare, gekap
30 ml (2 e) tiemieblaartjies
60 ml (¼ k) bloukaas, gekrummel
125 g ontpitte pruimedante
60 ml (¼ k) gekapte neuter

AFRONDING
3 rooi uie, geskil en in wiggies gesny
6 groen appels, ontkern, maar nie geskil nie, in kwarte gesny
1 bottel (340 ml) sider
7 ml (1½ t) mosterdpoeier
ekstra takkies tiemie en salie
skeppie jogurt

Voorverhit die oond tot 160 °C.

Plaas die boud op ’n oppervlak met die vleiskant na onder en smeer die swoerd goed in met growwe sout.

Draai die boud om en geur die vleiskant met sout en peper.

VULSEL
Meng al die bestanddele vir die vulsel en pak op die vleiskant.
Vou die boud toe en bind vas met tou.

AFRONDING
Plaas die uie en appels in ’n oondpan met die boud bo-op.
Meng die sider en mosterd en giet oor die uie en appels.
Pak die kruietakkies op die vleis en groente.
Bak 25 minute per 500 g plus ’n ekstra 20 minute tot die vleis gaar en die swoerd lekker bros is.
Verwyder uit die pan, plaas op ’n dienbord en skep die uie en appels rondom.
Kook die sous af tot stroperig en roer ’n skeppie jogurt by.
Sit voor saam met die boud.