Tuesday 26 November 2013

Soutbeesvleis





Soutbeesvleis

1,5 kg soutbeesvleis
5 heel peperkorrels
2 heel naeltjies
1 lourierblaar
1 ui, gekap


Plaas vleis in 'n swaarboomkastrol en bedek met koue water. Bind die speserye in 'n moeseliensakkie en plaas in water by vleis. Voeg ui by.
Bring tot kookpunt en prut sowat 2 tot 2 en 'n half uur of tot vleis sag is. Lig vFleis uit vloeistof — indien jy dit warm gaan voorsit saam met die sous. As jy dit koud voorsit, laat vleis in vloeistof afkoel.