Tuesday 26 November 2013

Lamsboud met kruisement-jogurt





Lamsboud met kruisement-jogurt
 (6 porsies)

§  2 mediumgroot lamsboude
§  12 knoffelhuisies
§  100 ml olyfolie
§  750 ml rooiwyn
§  6 roosmaryntakkies, gekap
§  sout en varsgemaalde swartpeper
§  500 ml Griekse jogurt
§  hand vol kruisement, gekap
§  12 pita-brode, gerooster tot warm

Bind lamsboude met kombuistou vas sodat dit hul vorm behou. Druk 6 gate per boud met ‘n skerp mes en druk knoffelhuisies daarin. Meng olyfolie, rooiwyn en roosmaryn. Gooi oor lamsboud en laat marineer oornag. Kry kole reg tot medium-hitte. Plaas lamsboude op rooster oor kole en geur goed met sout en swartpeper. Braai stadig vir omtrent 2 uur. (Ek hou van die lam heeltemal gaar. Ál wanneer ek pienk lamsvleis verkies, is vir tjops.) Smeer gedurig van die marinade op die vleis terwyl dit braai. Meng jogurt en kruisement en geur goed met sout en swartpeper. Sit warm lam voor saam met jogurt en geroosterde pita-brode.

Wenk: Jy kan heel aartappels saam met die lam op die kole gaarmaak. As jy die oond verkies, bak dit in helfte van die marinade teen 160 ˚C vir omtrent 3 uur.