Wednesday, 20 November 2013

SOETPATAT MET ROOSWATER




SOETPATAT MET ROOSWATER

JY BENODIG
700g patat, in blokkies gesny
16 jong tamaties...
2 rooiuie, in skywe gesny
1 eetlepel druiwepitolie
1 eetlepel heuning
seesout
100g feta
2 eetlepel pistasieneute (‘pistachios’)
1/4 koppie olyfolie
1 eetlepel heuning
1 teelepel rooswater
12 teelepels grofgemaalde swartpeper

METODE
Sny patats in klein blokkies. Sny uie in skywe. Meng patats, uie en tamaties in ‘n oondbak. Bedek met druiwepitolie en heuning. Bak vir 20min in 180˚C oond. Voeg feta by en bak vir ‘n verdere 5min. Bedien met ‘n vinaigrette; meng olyfolie, rooswater, sout, swartpeper en heuning by. Strooi pistasieneute oor die gereg en bedien.