Friday, 22 November 2013

Snowglobes - Maak jou eie

Neem fyn sandpapier en skuur die binnekant van die deksel liggies om dit bietjie grof te maak.  Gom nou jou “kersfees mannetjie” of kersboompie of takbokkie (of waarvan jy ook al hou) vas aan die deksel.  (Clear-drying epoxy werk goed.)  Laat baie goed droog word.
Vul die glas potjie tot amper vol met water en gooi ‘n paar druppels glyserine by asook “glitter”.  Nie te veel nie.  Maak houer nou styf toe en seel die deksel aan die buitekant teen die glaspotjie met “clear silicone” sodat dit nie lek nie.  Laat droog word en versier met ‘n lint.


Bron:  Facebook / In en om die huis member shared