Friday, 22 November 2013
Vistert
Vistert
(bedien 6-8)
800g vis porsies
2 e gekapte pietersielie (en nog vir garneering)
½ k melk
3-4 e mayonnaise
1 pakkie wit uiesoppoeier
1 k suur room of joghurt
1 k gerasperde kaas van jou keuse
Plaas die vis porsies in ‘n bakpan en geur met sout en peper. Sprinkel die pietersielie oor. Klits die melk, mayonnaise, soppoeier en suur room of joghurt saam. Giet oor die vis, sprinkel met kaas en die orige gekapte pietersielie . Bak vir 30 – 40 minute teen 180˚C.
(Lizeth Joubert van Little Rock Gastehuis, Jongensfontein)