Wednesday 27 November 2013

Smelt-in-die-mond-koekies





Smelt-in-die-mond-koekies

maak 30 koekies

Die allerlekkerste sjokoladekoekies!

500 ml (2 k) koekmeel
80 ml (1⁄3 k) kakao
3 ml (½ t) bakpoeier
knypie sout
250 ml (1 k) sagte botter
125 ml (½ k) suiker
1 eier
5 ml (1 t) vanieljegeursel

150 g (1½ blok) donkersjokolade, fyn gekap
125 ml (½ k) gevlokte amandels, fyn gekap
Versiersuiker om oor te strooi

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Voer ’n bakplaat met silikoon- of bakpapier uit.
1 Sif die koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak.
2 Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die eier en vanielje by en meng goed.
3 Meng die meel by die eiermengsel. Meng dan die sjokolade en amandels by. Bedek die deeg met kleefplastiek en sit vir 30 min. in die yskas.
4 Rol die deeg in eetlepelgrootte balletjies en pak 1 cm uit mekaar op die bakplaat. Druk effens platter en sif versiersuiker
oor.
5 Bak vir 10-12 min. tot gaar en die bokante effens kraak. Draai die bakplaat ná 6 min. sodat die koekies eweredig bak. Laat eers effens afkoel op die bakplaat en tel dan op afkoelrakkies oor. Laat heeltemal afkoel.
6 Sif weer versiersuiker oor.