Wednesday 27 November 2013

Viskoekies




Lourens de Lange
Viskoekies
Enige vis kan vir hierdie resep gebruik word, maar onthou om varswatervis te maal aangesien dit baie grate het.

500 g gestoomde vis
300 g aartappels gekook en gesmash...
4 groot lepels gekapte uie
3 lepels gekapte pietersielie
1 teelepel sout indien nodig
knippie neutmuskaat
2 eiers en broodkrummels
peper na smaak

Maal vis en meng met smash, uie, pietersielie, sout peper en neutmuskaat. Meng geklitste eiers by. Meng goed. Maak bolletjies en en rol in broodkrummels. Druk koekies effens plat. Bak in warm olie en dreineer op kombuispapier.