Sunday 24 November 2013

SKUD DIT AF: WEEK 4





SKUD DIT AF:  WEEK 4

INKOPIELYS vir WEEK 4
 

1 Pak All Bran/Special K + 1 klein pak hawermout pap
1 l lvetvrye Melk
tee en koffie
7 klein houers vetvrye/laevet jogurt (saam 625 ml) + 1 klein ongegeurde wit jogurt
1 Volgraanbrood
1 klein sagte margarien
11 Vrugte - kies 'n verskeidenheid indien moontlik


3 eiers
Vleis/Proteien
150g 'fillet steak'
140g Hoenderborsies sonder vel  of vark
1 blikkie tuna
100 g geblikte tamatievis of stokvis vir viskoekies
Groente
1 avo 
 
2 uie
4 porsies murgpampoentjies
2 porsies  broccoli
2 wortels
2 porsies groenbone
4 tamaties en een pakkie kersietamaties
4 groot sampioene
1 komkommer
spinasie
mangetout
2 soetrissies
1 klein bossie seldery
2 suurlemoene
1 klein blaarslaai
KAAS en Koolhidrate
klein houer vetvrye maaskaas
90 g Edam of ander medium-vet kaas (24-25% vet); 1 t fyn parmesan 
2 volgraan rolletjies
klein pakkie pasta
2 aartappels
Kruie en souse
Vars kruie
laevet mayo
Balsemasyn
kuipers
BBq sous
swartpeper
tiemie
basiliekruid
klein blikkie tamatiepuree
pietersielie
soetsuursous
Canola olie/olyfolie/sonneblomolie vir roerbraai

WEEK 4, Dag 1


Week 4, dag 1 (Maandag)

Ontbyt
1 k volgraan ontbytvlokkies
½ k vetvrye melk
1 k tee of koffie

Laat-oggend
175 ml vetvrye jogurt
1 medium vrug
1 glas vloeistof

Middag-ete/Ligte ete
Oop toebroodjie met
2 snye volkoring  lae GI brood
Omelet: 2 eierwitte
1 eetlepel gerasperde laevet kaas
4-6 snye tamatie
4-6 snye komkommer
uie, rooi uie of spriet uie na smaak
1 k tee of koffie

Mid-middag
1 medium vrug
1 glas vloeistof

Aandete/Hoofmaal
Hoender of vark roerbraai met
±140g hoenderborsie (sonder vel;of 2 handpalms laevet vark)
2 t olyf/canola/sonneblom olie
Uie, rooi/groen soetrissie,
murgpampoentjies, brokkoli groenbone/mangetout
(geur met kruie)
2 t BBQ sous
1/3 k gaar rys
1 glas vloeistof en/of
1 k tee of koffie

 
 
Week 4, Dag 1: Stap 21 minute, waarvan 15 minute flink, en 1 minuut teen resies-spoed
 

Week 4, Dag 2 

Week 4, Dag 2 (Dinsdag)

Ontbyt
2 snye volgraan roosterbrood
30g medium vet kaas (5-6 dun snye)
1 k tee of koffie

Laat-oggend
175 ml vetvrye jogurt
1 medium vrug
1 glas vloeistof

Middagete
1 medium tot groot gebakte aartappel gevul met 1 opgehoopte eetlepels gegeurde vetvrye maaskaas
Mengelslaai met tamatie, blaarslaai, komkommer, seldery, rooi soetrissie
1 k tee of koffie

Laat-middag
1 medium vars vrug of 2 halwes droëvrugte
1 glas vloeistof

Aandete
2 viskoekies: gebruik tamatievis, bruinbrood, gekapte ui, pietersielie, tiemie, swart peper, suurlemoen, knoffel  en eier.
 ½  koppie kapok aartappel of  patat
1k geroosterde groente (tamatie, murgpampoentjies, uie, wortels, sampioene met 2 t olyf/canola/sonneblom olie)
1 glas vloeistof en/of
1 k tee of koffie

Week 4, Dag 2: Stap 21 minute, waarvan 15 minute flink, en 1 minuut teen resies-spoed

 

Week 4, Dag 3 

Week 4, Dag 3 (Woensdag)
Vastrapdag
 
Probeer so min moontlik kilojoules inneem (niks meer as 2000kJ vir die dag nie - hoe minder hoe beter, maar baie vloeistof asb.)
Vastrapdae is nie geskik is vir mense wat Diabetes het, swanger is, borsvoed of erstige chroniese siektetoestande het nie.
Diegene wat laktose-onverdraagsaam is of allergies vir suiwel is, kan die melk en jogurt vervang met sojaprodukte.
Die beginsels vir die vastrapdag:
  • Eet so min moontlik van woe nag 12h00 tot Vry ogg ontby en volg dan weer vry se plan. Drink so veel moontlik (water, tee, koffie (beperk tot 4), dieet koeldrank)
  • 500 ml vetvrye melk - vir tee en koffie
  • 500 ml vetvrye jogurt - maak 'n gladdetjie (smoothie) met die vrug
  • 1 porsie vrugte - gebruik vir smoothie
  • 4 porsies groente van 80g elk. Die volgende groep groentes is vry en kan ingeneem word in onbeperkte hoeveelhede: broccoli, sampioene, blomkool,kool, murgpampoen,eiervrug, groenbone, tamatie, brusselse spruite, blaarslaai, komkommer, soetrisssies, skorsie, spinasie, uie, seldery.
  • Aandete: maak 'n slaai vir aand (baie groen blaargroente, tamatie en vry groentes)
  • Tee en koffie met vervrye melk sonder suiker of met versoeter.
 
Waarom 'n vastrapdag?
Daar is baie goeie navorsing wat wys dat vas vir twee dae 'n week (alternate day fasting ; intermittent fasting) tesame met 'n matige energie beperkte dieet (verkieslik) of die persoon se normale dieet sonder beperkings dieselfde of selfs beter resultate lewer as die standaard energie beperkte dieet oor 7 dae. Beide diëte verbeter metaboliese merkers soos insulien vlakke, cholesterol, bloeddruk, leptien en ander. Daar is tog heelwat opgewondenheid oor die effek van vas wat 'n hormonale kaskade veroorsaak wat baie effektief is vir veral insulien weerstandigheid.
 
Week 4, Dag 3: Stap 20 minute, waarvan 10 minute flink en res gemaklik

 
 

Week 4, Dag 4 

Week 4 dag 4 (Donderdag)


Ontbyt

1 k gekookte hawermout pap (versoet met kunsmatige versoeter)

½ k vetvrye melk

1 k tee of koffie

 

Laat-oggend

175 ml vetvrye jogurt

1 k vars vrugteslaai

1 glas vloeistof

 

Middag

Pasta slaai met tuna. Resep: Blaarslaai, kersietamaties, groen soetrissies, ½blikkie tuna, gekapte ui, vars kruie, 2 eetl laevet mayonaise (of 1 e gewone mayo en 1 e ongegeurde jogurt)

2/3 koppies gaar pasta (skulp pasta of skulpies)

1 k tee of koffie

 

Laat-middag

1 medium vrug

1 glas vloeistof

 

Aandete

Spaghetti Bolognaise:

±150g maer maelvleis (2 handpalms)

2 t olyf/canola/sonneblom olie

Uie, rooi/groen soetrissie, gekapte tamatie geur met tamatie sous, bladjang en sous van keuse.

1/3 k gaar pasta

Groente: murgpampoentjies, brokkoli, wortels, groenbone

1 glas vloeistof en/of

1 k tee of koffie


Week 4, Dag 4: Stap 25 minute, waarvan 18 minute flink en 2 minute teen resies-spoed
 

Eetplan Week 4, Dag 5

Week 4, Dag 5 (Vrydag)


Ontbyt
1 k volgraan ontbytvlokkies
½ k vetvrye melk
1 k tee of koffie

Laat-oggend
175 ml vetvrye jogurt
1 medium vrug
1 glas vloeistof

Middag
Oop toebroodjie met
2 snye volkoring brood
5 opgehoopte t avokadopeer  of olyf pesto en
Blaarslaai en 8 rosa tamaties met grof gemaalde swart peper.
1 k tee of koffie

Laat-middag
1 medium vrug
1 glas vloeistof

Aandete
Hoender sosatie(140g hoender)
1 medium gebakte aartappel in de skil gegeur met knoffel en ½ t sagte margarine of 1 klein  mielie.
Slaai: koolslaai met 1 eetlepel laevet mayonnaise
1 glas vloeistof en/of
1 k tee of koffie

Week 4, Dag 5: Stap 25 minute, waarvan 18 minute flink en 2 minute teen resies-spoed

 

 
Week 4, Dag 6 Sat of Sondag
 
Ontbyt
2 snye volgraan roosterbrood
I medium gebakte eier
tamatie
1 k tee of koffie
 
Laat-oggend
175 ml vetvrye jogurt
1 medium vrug
1 glas vloeistof
 
Middagete
1 volgraan rolletjie
2 opgehoopte eetlepel vetvrye maaskaas
4-6 snye tamatie
4-6 snye komkommer
1 medium vrug
1 k tee of koffie
 
Laat-middag
1 medium vars vrug of 2 halwes droëvrugte
1 glas vloeistof
 
Aandete
±150g fillet steak (2 handpalms)
1 gekookte medium aartappel (sonder skil) gesmoor met uie en vars pietersielie
2 groot bruin sampioene gevul met spinasie en peppadew en gerooster
Tamatie en komkommer slaai
1 glas vloeistof en/of
1 k tee of koffie

Week 4, Dag 6: Stap 18 minute, waarvan 10 minute flink en 3 minute teen resies-spoed

Week 4, Dag 7

Uitspandag

 'n Uitspandag beteken jy eet met 'n rustige gemoed saam met jou gesin, en maak plek vir daardie soetdingetjie of wat jy ook-al voor lus het. Maar die geheim is om steeds bewustelik jou porsies dop te hou en dit nie te oordoen en jou gewigsverliespoging ongedaan te maak nie. 

Dus: eet roomys, maar net een klein bakkie en nie die hele roomysbak nie; eet sjokolade, maar net twee tot drie blokkies en nie die hele blok nie, eet 'n lekker roomsousie oor jou fillet, maar een eetlepel en nie 'n koppievol nie; drink 'n glasie wyn, maar hou by een tot 2 sopies en nie die hele bottel nie. 


Jy weet mos nou-al hoe groot 'n porsie is:

- niks groter as jou toe vuis vir byna alles,
- een eetlepel vir olies en vette, 
- twee handpalms vir vleis of vis, en
- 'n vuurhoutjiedosie vir kaas.


Week 4, Dag 7: Stap 40 minute gemaklik