Friday 22 November 2013

AVOKADO SLAAI MET SPEK EN NEUTE





AVOKADO SLAAI MET SPEK EN NEUTE

1 pak gemengde slaaiblare
6 sprietuie, in ringe gesny met groen lowwe
8 repe swoerdlose streepspek
4 snye witbrood sonder korsies
1 groot, ryp avocado
125 ml pekanneute, grof gekap
125 ml Franse slaaisous

Breek die slaaiblare in kleiner stukkies en plaas in die slaaibak saam met die gesnyde sprietuie. Sny die spekin 1 cm-stukkies en roerbraai in 'n bietjie olie tot bros. Haal uit en dreineer op kombuis papier. Sny die brood inblokkies (1 cm x 1 cm) en braai in die dieselfde pan as die spek tot goudbruin. Voeg 'n bietjie ekstra olie byindien nodig. Haal uit en dreineer. Sny die avokado en rangskik op die slaaiblare. Bedek met slaaisous.Sprinkel neute, spek en bros broodblokkies oor slaai net voor opdiening.