Tuesday 26 November 2013

SJOKOLADE PLAATKOEKIES MET MASCARPONE




SJOKOLADE PLAATKOEKIES MET MASCARPONE

JY BENODIG
2 koppies bruismeel
4 eetlepels suiker
knippie sout
2 eiers, geklits
1 eetlepel olie
1 koppie melk
1 teelepel vanielje-ekstrak
olie
1 koppie klein donker sjokolade-splinters (‘chocolate chips’)
250g mascarpone teen kamertemperatuur
3 teelepels strooisuiker
3 vars mentblare, fyngekap
aarbeie
vars kersies
bloubessies
appelliefies
METODE
Meng meel, suiker en sout saam. Klits eiers, melk, olie en vanielje saam. Voeg by meel en meng goed. Bedek en plaas in yskas tot benodig. Verhit 2 eetlepels olie in pan en skep eetlepels vol beslag in pan. Gooi paar sjokolade-splinters op elke koekie. Braai tot borrels vorm op bokante, draai om en bak vir nog 1 minuut. Herhaal totdat alle beslag gebruik is. Plaas mascarpone en strooisuiker in mengbak en meng goed. Roer gekapte mentblare by. Skep ‘n teelepelvol op elke plaatkoekie en versier met vrugte.