Wednesday 27 November 2013

AARTAPPEL GEREGTE




Lourens de Lange
AARTAPPEL GEREGTE

8 aartappels saggekook met die skil. Laat bietjie afkoel in koue water. Trek die skil af.
1 pakkie van elk wit en bruin uiesoppoeier.
1 k gerasperde kaas ...
1 greenpepper in dun repies gesny
1 pk mushrooms in skywe gesny
3 t crushed garlic (in bakkies)
1 uie in lang repe gesny
250 ml room met n half koppie melk gemeng

Pak lae in gesmeerde bak met deksel. Begin met aatappel wat jy in skywe sny soos jy dit maak. Strooi van al 2 soppe bo-oor, dan die mushrooms, greenpepper, ui garlic. Begin dan weer van voor af. Eindig mnet aartappel, sop en heel laaste die kaas. Grooi room bo-oor. Bak by 180* vir 1 uur of langer tot kaas bruin bo-op is.