Tuesday, 26 November 2013

AARTAPPEL-PIZZA




AARTAPPEL-PIZZA

JY BENODIG
800g aartappels (gaargemaak in skil)
2 eetlepels bruismeel
1 eetlepel druiwepitolie of groente-olie
seesout
grofgemaalde swartpeper
12 klein ansjovisfilette (in olie)
200g jong tamaties
handvol vars basiliekruid
olyfolie
METODE
Maak aartappels fyn (met skil). Meng meel by. Meng olie by en geur met sout en peper. Druk plat in bodem van reghoekige gesmeerde oondbak. Sny tamaties in helftes en dreineer ansjovis. Rangskik op aartappellaag. Bak in oond teen 180˚C tot rante begin verbruin. Haal uit oond en laat effens afkoel. Breek basiliekruid bo-oor en bedrup liggies met olyfolie. Geur met sout en peper indien nodig. Sny in skywe en bedien.