Sunday 17 November 2013

Sjokolade-muffins



Lourens de Lange
Sjokolade-muffins

(6 groot of 12 klein muffins)

500 ml koekmeel...
160 ml kakao
125 ml suiker
10 ml bakpoeier
knippie sout
250 ml sjokoladestukkies
330 ml melk
80 ml sonneblomolie
2 groot eiers
5 ml vanieljegeursel
Voorverhit jou oond tot 200 °C. Voer jou muffin-pan uit met papierhouers. Spuit die papierhouers met Spray&Cook. Sif die meel, kakao, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Voeg die suiker by en meng goed deur. Vou die helfte van die sjokolade-stukkies in die meelmengsel. Klits die melk, olie, eiers en vanieljegeursel saam. Vou dit in die meelmengsel. Moenie die mengsel te veel roer nie. Verdeel die deeg in jou muffinpan en strooi die res van die sjokolade-stukkies bo-op. Bak vir 20-24 minute tot gaar. Toets met ’n tandestokkie. Haal uit die oond en sit warm voor.