Sunday 17 November 2013

Klapperversiering vir koek

Zinta Du Plessis

250ml (200gr) wit suiker, 250ml (80gr) klapper, 250ml melk, 3 eiergele, geklits. Verhit die suiker, klapper en melk in 'n swaarboomkastrol oor matige hitte en roer tot al die suiker opgelos is. Voeg 'n bietjie van die warm mengsel by die eiergele en meng deur. Voeg nou die eiergele by die res van die melkmengsel in die kastrol en meng baie deeglik. Kook die mengsel en roer aanmekaar totdat dit dik genoeg is om te smeer. Laat afkoel voor gebruik. Jy kan ook bietjie suurlemoensap en fyngerasperde suurlemoenskil byvoeg as jy wil.