Sunday, 17 November 2013

LIMONADE




Lourens de Lange
LIMONADE

4 groot ryp suurlemoene
300 g suiker
125 ml water ...

Was suurlemoen goed en rasper skil van 1.
Druk sap uit en giet deur fyn sif. Meng suiker en water in kastrol, roer suurlemoenskil in en verhit oor lae hitte tot suiker opgelos het. Laat opkook en prut 5 minute. Laat afkoel en voeg suurlemoensap by. Bewaar in yskas. Verdun suurlemoensap met sodawater of yswater ( 1 deel suurlemoenstroop en 2 dele water ) en skink oor gebreekte ys met `n takkie kruisement. 4 drankies.