Sampioene met hoenderlewer
6 groot bruin sampioene, haal stingels uit en kap fyn
6 snye wit brood, gesny om in sampioene te pas
Verhit 15 ml elk botter en olie en braai brood aan albei kante bruin.
Hou eenkant warm. Giet meer olie in pan en soteer een fyngekapte ui en een
gekneusde knoffeltoontjie to glansend. Voeg by 125 g hoenderlewers - grof gekap
- en ook die fyngekapte stingels van die sampioene. Roerbraai ± 10 minute. Voeg
sout en peper na smaak by.
Intussen plaas jy die sampioene op ´n bakplaat en sit in oond. Bak by
180°C vir 8 minute - moet asseblief nie pap bak nie! Skep vulsel in en gooi
dikroom oor en versier met pietersielie en klein tamaties.
Variasie:- vervang hoenderlewers met spinasie en feta en strooi
parmesaan oor en bak onder rooster vir ± 3 minute.