Friday, 22 November 2013

Gebakte kaaskoekies met gerookte salm





Gebakte kaaskoekies met gerookte salm

1 x 230g gerookte salm-geur roomkaas
 125g ongegeurde roomkaas
 125ml room
 2 eiers
 45ml koekmeel
 100g gerookte salm, baie fyn gesny
 45ml gekapte, vars pietersielie óf dille
 3ml vars gemaalde swartpeper
 30ml suurlemoensap
 15ml fyngerasperde suurlemoenskil
 Ekstra roomkaas, pietersielie en stukkies gerookte salm, om mee af te rond

Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n muffinpan goed met olie. Bestuif die holtes met koekmeel en skud oortollige meel uit. Klits roomkaas en room saam glad. Voeg eiers by en klits goed. Roer meel by. Voeg die salm, pietersielie óf dille, peper, suurlemoensap en -skil by en meng deur.

 Skep in die muffinholtes (maak elkeen drie-kwartvol) en bak sowat 20 minute tot ferm. Laat sowat 10 minute in die pan afkoel en maak kante dan versigtig met ’n mes los. Lig kaaskoekies uit en sit louwarm of teen kamertemperatuur voor. Rond af met ’n smeersel roomkaas, takkie pietersielie en repie salm.