Wednesday 27 November 2013

Malvalekkers


 
 Malvalekkers
genoeg vir 25


50 ml (3½ e) gelatien
250 ml (1 k) kookwater
750 ml (3 k) suiker
330 ml (1 ¹⁄³ k) glukose
160 ml (²⁄³ k) water
5 ml (1 t) vanieljegeursel

pienk voedselkleursel
2 k (500 ml) versiersuiker
80 ml (¹⁄³ k) mielieblom

Voer ’n 24 x 34 cm-pan met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei.

1 Meng die gelatien en kookwater liggies met ’n elektriese klitser, en hou eenkant. 2 Verhit die suiker, glukose en water in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Moenie roer nie. Kook tot dit die sagtebalstadium op ’n suikertermometer bereik.
3 Skakel die klitser aan en voeg die stroop in ’n dun straaltjie by. Voeg die vanielje en voedselkleursel by en klits vir 12-15 min. tot die mengsel lig, dik en blink is. 4 Skep die mengsel in die pan en maak vinnig gelyk, want die mengsel set.