Suurlemoen-en klapper-skywe
genoeg vir 24
125 g sagte botter55 g (¼ k) strooisuiker
150 g (1 k) koekmeel
30 g klapper
80 ml (¹⁄³ k) sitrusmarmelade
BOLAAG
90 g sagte botter
10 ml (2 t) gerasperde suurlemoenskil
10 ml (2 t) gerasperde lemmetjieskil
75 g (¹⁄³ k) strooisuiker
2 eiers
150 g (1 ²⁄³ k) klapper
50 g (¹⁄³ k) meel
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Spuit ’n vlak 20 x 30 cm-pan met kleefwerende kossproei.
1 Klits die botter en suiker met ’n elektriese klitser tot lig en donsig. Voeg die meel en klapper by en meng goed. Druk die deeg in die pan vas. Bak vir 10- 12 min. of tot ligbruin.
2 Smeer die marmelade op die deeg terwyl dit nog warm is.
3 BOLAAG: Klits die botter, skil en suiker in ’n mengbak tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en klits. goed ná elke byvoeging. Roer die klapper en die meel by.
4 Skep op die kors en maak gelyk. Bak vir 20 min. of tot ferm. Laat in die pan afkoel en sny in ewe groot blokke.