Friday 8 November 2013

KOPERPENNIEWORTELSLAAI



Lourens de Lange
KOPERPENNIEWORTELSLAAI
Slaai Resepte

BESTANDDELE
1 kg geelwortels geskil en in skywe gesny ( ringe ) ...
2 middelslag soetrissies gehalveer, ontpit en repe gesny
2 uie geskil en in ringe gesny
1 pk tamatiesoppoeier ( 81 g )
250 ml water
125 ml kookolie
10 ml worcestersous
Sout en peper na smaak
200 ml witasyn
200 g suiker
7 ml aangemaakte mosterd

METODE
Kook wortels tot halfgaar, gooi in vergietes, spoel af met koue water en dreineer. Rangskik wortels, soet-rissierepe en uieringe in lae in `n groot glasbak met deksel, tot alles op is en eindig met `n laag wortels. Meng res van bestanddele, verhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook vir 2 minute. Gooi warm oor slaai en laat dit met behulp van `n mes in die middel en langs die kante in die slaai inloop. Laat afkoel, dit deksel op en marineer 2 dae in die koelkas voor gebruik. Dit kan redelik lank, +- 7 dae goed hou in die yskas.