Wednesday 6 November 2013

Gemmer-Neutsjokoladekoek



Gemmer-Neutsjokoladekoek (Huisgenoot)
Maak 20 skywe
Bereiding: 10-15 minute
Staantyd: 10 minute


600 g donkersjokolade, in blokkies gebreek
125 g botter
100 g Brasiliaanse, pekan-makadamia- en kasjoeneute
100 g pampoenpitte
100 g sponsvingers, in stukke gebreek
175 g ingelegde gemmer, kleiner gesny
bessies vir voorsit (opsioneel)
Spuit ’n silikon-broodpan van sowat 23 x 10 cm met kleefwerende sproei.
  1. Smelt die sjokolade en botter in ’n glasbak in die mikrogolfoond tot glad. Roer gereeld.
  2. Voeg die neute, pitte, sponsvingers en gemmer – stroop en al – by en meng deur. Werk vinnig, want dis byna weer gestol teen die tyd dat jy klaar gemeng het.
  3. Skep in die broodpan en verkoel tot stewig.
  4. Ontvorm en sny in skywe. Sit voor saam met bessies indien verkies.