Wednesday 6 November 2013

WARM AARTAPPELSLAAI




Lourens de Langeposted to
WARM AARTAPPELSLAAI
Slaai Resepte

400 g aartappelblokkies ( 625 ml)
30 ml groen soetrissie, vars gemaal ...
of
grof gemaalde swartpeper na smaak
30 ml agurkies, fyn gekap
50 ml seldery, fyn gekap

Sous
30 g botter of margarien (37,5 ml)
1 ui, fyn gekap
15 ml koekmeelblom
15 ml suiker
7 ml sout
3 ml mosterdpoeier
60 ml asyn
250 ml water

Metode:
1. Vermeng die aartappelblokkies, groen soetrissie of peper, agurkies en seldery en skep dit in `n gesmeerde oondskottel.

Sous
2. Smelt die botter of margarien en soteer die ui daarin totdat dit sag en deurskynend is.
3. Roer die koekmeelblomby en vermeng dit tot glad.

4. Roer die res van die sousbestanddele by.
Verhit dit tot kookpunt. Laat dit prut totdat dit verdik. Roer dit aanhoudend.

5. Gooi die sous oor die groente en plaas die deksel op.

6. Bak dit 20 tot 30 minute lank in `n voorverhitte oond by 180 C (350 F)