Thursday 28 November 2013

3 x Frikkadelletjie Resepte



GEURIGE FRIKKADELLETJIES
500 g maalvleis
125 ml broodkrummels
250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 eier, geklits
10 ml sout
rooipeper na smaak
Meng al die bestanddele. Vorm klein frikkadelletjies en plaas dit in 'n oondpan. Bak dit 10 minute land by 160ºC en rooster dit dan onder die oondrooster totdat dit bruin is.

 
OOSTERSE FRIKKADELLETJIES:
500 g gemaalde varkvleis
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
25 ml pietersielie, gekap
1 ml fyn neutmuskaat
12,5 ml koekmeelblom
1 eier, geklits
1 k klapper
50 ml olie
Meng vleis, sout, swartpeper, pietersielie en neutmuskaat goed saam. Vorm klein frikkadellletjies. Meng koekmeelblom en eier, en rol die frikkadelletjies daarin en daarna in die klapper. Braai die frikkadelletjies stadig in warm olie in 'n swaarboomkastrol tot gaar. Ryg dit op peuselstokkies.
Doopsous:
10 ml mosterdpoeier
25 ml asyn
62,5 ml vrugteblatjang
50 ml kweper/appeljellie
Meng mosterdpoeier, asyn, vrugteblatjang en jellie goed saam. Bedien die frikkadelletjies saam met die doopsous.
 

KAASGEVULDE FRIKKADELLETJIES:

500 g maer beesmaalvleis
1 kookappel, ontkern, geskil en gerasper
1 medium ui, fyngekap
10 ml vars tiemie of 3 ml droë tiemie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250ml Tusser-kaas, in 1 cm blokkies gesny
olie vir braai

Metode:

Meng die maalvleis, appel, ui, tiemie, sout en peper liggies met 'n vurk saam. Verdeel in 20 eweredige dele en vorm in balletjies, druk 'n blokkie kaas in die middel van die frikkadelletjie. Vorm die maalvleisballetjie om dit heeltemal te bedek. Bedek en verkoel tot benodig. Braai in verhitte olie tot gaar. Sit warm of koud voor.