Thursday 31 October 2013

VRUGTEKOEKPOEDING

VRUGTEKOEKPOEDING: [Marine Prins]
Net die ding vir dié wat van vrugtekoek hou, maar opsien teen die gedoente om dit te bak!


SOUS:

1 kop bruinsuiker, 2 koppies kookwater, 125gm Margarien, 1 teelepel vanilla geursel, 1 teelepel fyn pypkaneel. 2 eetlepels brandewyn.
Laat kook hierdie bestanddele vir jou sous in Prutpot solank jy die deeg aan maak.

DEEG:
1 koppie meel, halwe kop bruin suiker, 1 kop melk, 1 eier, knippie sout, 15 ml asyn, 1 eetlepel appelkooskonfyt, 1 koppie gemengde droê vrugte koek mengsel. Halwe koppie glans kersies gekap.
los die koeksoda in die melk op. (persoonlik verkies ek Maas (Karringmelk). Klits die eier en suiker saam. Voeg ander bestanddele by (Heel laaste die melk waarin jy die 1 en 'n halwe teelepel koeksoda opgelos het. Meng dit goed deur en plaas die deeg in die middel van die sous in die pot, maak net eers seker dat jou suiker opgelos is in die kookwater mengsel. Ek sit ook 'n stukkie alluminium foelie oor die deksel blinkkant na onder en dan die deksel Een en 'n halwe uur lank op High. Jy kan so na die eerste uur loer hoe dit lyk sommige prutpotte is vinniger. Bedien met vla, room of roomys. Ek het ook al by geleentheid die appelkooskonfyt vervang met bitter marmelade. As jy bietjie oordadig wil wees kan jy selfs so 100 ml (50gm) Okkerneute gekap of ander neute byvoeg Maar lg is absoluut opsioneel.