Thursday 31 October 2013

BESTE-ESTE TJOKLITKOEK

BESTE-ESTE TJOKLITKOEK - prutpot /oond (Soretha Botha)
Hierdie donker, ryk, klam koek is PURE VERLEIDING. Beslis nie goedkoop of gesond nie, maar GEWAARBORG om selfs die hardste hart te laat vermurwe! Boonop is dit PERFEK vir die prutpot - jy skep dit sommer so uit die bak uit.


Beslag:
1 kop koekmeelblom
1 kop suiker
knippie sout
2 t bakpoeier (+ 1/2 t by eierwit)
4 eiers, geskei
1/2 kop kakao
1/2 kop kookwater
1/2 kop kookolie
1 t vanillageursel

Sif saam: meel, suiker, sout, bakpoeier.
Maak holte in meel.
Voeg by: geklitste eiergele, kakao - gemeng met kookwater, olie, vanilla.
Meng goed met houtlepel.
Klits eierwitte styf saam met 1/2 t bakpoeier.
Meng goed met res van beslag.
Skep in gesmeerde groot 6 liter prutpot of oondskottel.
In PRUTPOT: ongeveer 1 1/2 ure op HOOG (wanneer die bokant nie meer klam en rou is nie)
In OOND: 25 - 30 min teen 180 grade C.
SOUS:
1/2 blik Idealmelk
1/2 kop suiker
1 t vanilla

Mikrogolf saam vir 2 - 3 minute op HOOG tot die stroop 'n karamelkleur kry. Roer kort-kort. PASOP VIR OORKOOK!!!! Gooi oor afgekoelde koek. (Ek het die sous sommer gemaak terwyl die koek bak en die afgekoelde sous oor die WARM koek gegooi toe dit gaar is - sodat ons gouer kon EET!!!)
SJOKOLADE-BOLAAG:
1/2 blik Idealmelk
200 g heelneut-sjokolade

Breek sjokolade in blokkies. Mikrogolf saam met Idealmelk vir ongeveer 1 minuut op HOOG (die melk moet net warm wees). Roer tot die sjokolade smelt. (PASOP: moenie dat die mengsel kook nie, anders word dit 'n klonterige affêre). Giet heel laaste oor die afgekoelde koek. (As jy dit oor die warm koek gooi, sal dit intrek en nie 'n mooi sjokoladelagie vorm nie).
Sit dit voor aan jou geliefdes en kyk met genoegdoening hoe hulle SWYMEL van LEKKERKRY!