Thursday 31 October 2013

LAMSKENKELS

LAMSKENKELS HEEL IN DIE PRUTPOT:

3 heel lamskenkels
10 ml olyfolie
20 ml Balsamiese asyn
vars roosmaryn
knoffel na smaak, heel of fyngemaak
3 groot rooiuie afgeskil en in kwarte gesny
1 blik heel tamaties (of tamatie en uie smoor)
sout en peper na smaak
METODE:
1. Vryf die olie en asyn oor die skenkels en maak seker daar is 'n klein bietjie olie onder in die pot.
2. Plaas die skenkels op die bodem van die pot sodat hulle langs mekaar en plat lê.
3. Gooi die roosmaryn bo-oor en plaas die knoffelhuisies oral rond in die pot, of vryf die fyn knoffel oor die skenkels na die olie en sit dan in pot.
4. Druk die kwart uie oral tussen die skenkels en pot in sodat dit teen die vleis lê.
5. Gooi die tamatie / - en uiesmoor bo-oor die skenkels.
6. Gooi water (of aangemaakte aftreksel) oor die skenkels totdat die water amper die skenkels bedek. (Ek het aanmaak aftreksel poeier gebruik - van Ina Paarman die bruin uie en groente geur - en net bo-oor die vleis gestrooi voordat ek die water oorgegooi het. Seker so 2 eetlepels aftreksel poeier.
7. Sit deksel op en laat prut vir 3 ure (of tot baie sag) op hoog.
8. Indien nodig kan die skenkels uitgeskep word en die sous verdik word met meel aan die einde binne die prutpot. Die hoeveelheid meel word bepaal deur die hoeveelheid sous, begin met 2 eetlepels, ek meng die meel met 'n bietjie sous en roer dit dan terug in die pot.
9. Bedien met bykosse soos fyn aartappels. rys, koeskoes ens en 'n slaai. Wortels en aartappels in die bredie sal dit nog lekkerder maak, skil en sny in verlangde grootte en sit saam met ander bestandele in die pot.
Erkenning aan Huisgenoot Wenresepte 7 wie se oorspronklike resep vir Heel Lamskenkels ek al jare lank gebruik in 'n pot op die stoof.