Wednesday, 30 October 2013

ROOIWYN-EN-KERSIE-RYSKOEK




ROOIWYN-EN-KERSIE-RYSKOEK

JY BENODIG
150g strooisuiker, plus 1 eetlepel ekstra
100ml rooiwyn...
1 kaneelstokkie
1 liter melk
skil van ½ suurlemoen, fyngerasper
300g arborio-rys
2 blikkies ontpitte swartkersies, gedreineer

½ teelepel gemaalde naeltjies
2 eetlepels brandewyn
30g versuikerde sitrusskil, fyngekap
botter om pan te smeer
1 eetlepel fyn broodkrummels
1 pakkie kersie-jellie
160ml kokende water
160ml rooiwyn

METODE
Verhit wyn, kaneel en suiker in pan en laat prut totdat sous verdik. Plaas rys in kastrol en voeg 1/3 van melk by. Laat kook en voeg res van melk bietjie vir bietjie by. Roer gereeld, soos tydens maak van risotto, en voeg nog water by indien nodig. Wanneer rys saggekook is, verwyder van hitte en roer kersies, brandewyn, naeltjies, skil en rooiwynstroop by. Smeer 22cm losboompan met botter en sprinkel met krummels en 1 eetlepel strooisuiker. Skep rysmengsel in en maak bokant gelyk. Bak in oond teen 180˚C vir 35 minute, laat afkoel in pan. Los jellie op in 100ml kokende water, roer rooiwyn by.

Laat afkoel en gooi net genoeg oor koek om dun bolaag te vorm. Laat stol en sny in skywe.