Wednesday, 30 October 2013

GARNAAL-EN-SALM-BALLETJIES




GARNAAL-EN-SALM-BALLETJIES

MAAK 26 BALLETJIES
JY BENODIG
200g gaar salm, gevlok...
200g gaar garnale, fyngekap
200g gaar patat, fyngemaak
1 eier, geklits
knippie rissiepoeier
½ teelepel swartpeper

2 eetlepels vars pietersielie
½ koppie fyn broodkrummels
2 eetlepels druiwepitolie

METODE
Meng alle bestanddele, behalwe krummels en olie, saam. Vorm klein balletjies en rol in krummels. Verhit olie in pan en braai balletjies tot goudbruin. =Dreineer op kombuishanddoek.