BIEFSTUK MET PORTOBELLO-SAMPIOENE
JY BENODIG
800g biefstuf
seesout...
grofgemaalde swartpeper
5 eetlepels druiwepitolie
vars roketblare (klein handvol per persoon)
1 eetlepel olyfolie
8 groot portobello-sampioene, gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
handvol Italiaanse pietersielie, gekap
ekstra olyfolie
METODE
Geur biefstuk met sout en peper. Verhit 3 eetlepels olie in warm pan en braai biefstuk volgens voorkeur. Laat rus. Meng roketblare met olyfolie en geur met sout en peper. Plaas op individuele borde. Verhit 2 eetlepels druiwepitolie in pan en braai sampioene en knoffel tot sag. Verwyder van hitte en meng 3/4 van die pietersielie by. Sny biefstuk in skyfies en rangskik bo-op roket. Skep sampioene bo-oor. Bedrup liggies met olyfolie en strooi res van pietersielie oor.