Thursday 31 October 2013

MOEITEVRYE MACARONI & KAAS

MOEITEVRYE MACARONI & KAAS: (Isabel Swart)
Daar’s géén ander kookmetode wat so min moeite met sulke goeie resultate beloon nie. Dit neem vyf minute om als bymekaar te gooi en jy’t die hele Saterdagoggend vir jouself; die prutpot doen die werk!

Genoeg vir 4 tot 6 mense

Jy benodig:
4 koppies (1 liter) melk
2 eiers
1 t (5 ml) sout
1 t (5 ml) mosterdpoeier (of vervang mosterd en sout met 2 hoender-ekstrakblokkies)
½ t (2,5 ml) fyn peper
1 t (5 ml) droë pietersielie/gemengde kruie
½ pak (250 g) macaroni/elmbogies
2-4 koppies gerasperde kaas (van ’n skerp kaas soos cheddar hoef jy minder te gebruik)

Opsioneel:
½ ui (fyn gekap
of vars gesnipperde spinasie of rooiworsie-ringetjies

Maak só:
• Smeer binnekant van prutpot met botter of olie of spuit met kleefwerende sproei. • Klits melk, eiers en geurmiddels saam.
• Roer by kaas, macaroni en groente of worsies (indien verkies) in prutpot.
• Bedek die prutpot en kook vir 2-5 uur* op laag of op 1-3 uur* op hoog.
• Sit die macaroni-en-kaas saam met ’n vars slaai voor.
* Die gaarmaaktyd sal afhang van hoe groot die pot is, hoeveel watt die pot is en die aanvangstemperatuur van die bestanddele.
Weerstaan maar die versoeking om kort-kort te loer, want elke keer dat die deksel gelig word, verleng dit die kooktyd met 20-30 minute.